username: password:      forget password  register
Login
Username:

Password:


Lost Password?

Register now!

Main Menu

Who's Online
6 user(s) are online (2 user(s) are browsing Articles)

Members: 0
Guests: 6

more...

Bible Quotes
Mat 6:33 - But seek ye first the kingdom of God, and his righteousness; and all these things shall be added unto you.
KJVA
Aanbidding is nie gelykstaande aan Musiek... - Charles Noke
  Posted on Mon 07 May 2007 by Christo (1287 reads)
Aanbidding is nie gelykstaande aan Musiek en Musiek is nie gelykstaande aan Aanbidding nie

Lees Amos 5:23-24 Ek wil nie hê dat God dit vir my moet sê aangaande die musiek wat ek aan Hom offer nie. Jesus sê in Johannes 4 dat God soek ware aanbidders wat Hom in Gees en in Waarheid sal aanbid. God soek nie aanbiddingsleiers en aanbiddingsliede nie. Hy soek na aanbidders wat opregte, ware aanbidding offer.

Romeine 12:1 sê dat ons ons lewens moet offer as ‘n lewende, welgevallig offer, wat ons redelike diens van aanbidding is. Ons moet ons lewens offer, net nie ons liede nie. Aanbidding is ‘n lewenswyse en nie net die ses liede wat ons Sondagoggend sing nie. Verseker moet ons ons lofliede van prys aan God bring in aanbidding, maar meer belangrik as dit, God soek ons lewens, ons harte.

Dit gaan nie omtrent ‘n wonderlike sangstem nie. Dit is omtrent ‘n man en ‘n vrou met ‘n hart na God, wat ander rondom hulle aanmoedig om saam met hulle die teenwoordigheid van God binne te dring.

Psalm 100 gee ons goeie lering oor hoe om te aanbid

Ek is seker dat Koning Dawid het nogal intense opleidingskole gehad vir sy musikante en sangers. Ons kan altyd verbeter in dit wat ons doen, maar die krag van die Heilige Gees sal die verskil maak in ons aanbidding. As dit slegs ‘n ritueel is, gaan ons aanbidding nie baie betekenisvol wees nie. Wees eg, wees opreg, wees deursigtig en wees kwesbaar en ons sal sien dat God bewees soos nog nooit van te vore.

Ons is ALMAL in bediening

… of jy nou in die finansiële sektor, staatsdepartemente, onderwyssisteem of in die musiek-industrie is. Ed Silvoso sê, “Kerk begin Maandagoggend!” Wanneer ons by ons werk is of by die skool, is ons verteenwoordigers van God se Koninkryk. Ja, ons het nodig om voortreflike standaarde te handhaaf in ons besigheid, maar ons moet nie vergeet dat alles wat ons doen is bediening en ons moet voortreflik daarin ook wees.

Ons het ‘n generasie van aanbidders nodig

Ons moet begin by ons kinders. Psalm 8:2 sê, “Uit die mond van kinders en suigelinge het U sterkte gegrondves, om u teëstanders ontwil, om die vyand en wraakgierige stil te maak”. Jesus haal hierdie skrifgedeelte aan toe Hy met die hoof priesters en skrifgeleerdes praat in Mattheus 21:16 en sê: “Het julle nooit gelees: Uit die mond van kinders en suigelinge het U vir U lof berei nie?” Hierdeur wil Jesus ons aandag daarop vestig dat die prys uit die mond van kinders geweldige krag het en dat dit die vyand sal stilmaak.

Ek verwag dat God sal woon onder die lofsange van Sy volk (Psalm 22:3). Wanneer God tussen Sy mense is, sal Hy altyd genees, red, vertroos, bemoedig en voorsien in elke behoefte.
Index :: Print :: E-mail
The comments are owned by the poster. We aren't responsible for their content.
Mailing Lists
Join our mailing list
for new and
updated information!

Newsletter
Quote Requests
Special Offers
subscribe
unsubscribe

Quotes
The release of God’s prosperity in our lives depends on our maturity.

JOYCE MEYER

 

CBO Ministries © 2005 - 2008 Spreading the Gospel of the Kingdom of God.  |  Hosted by SearchZone