Naaktheid:
Ek en my drie klein seuntjies was eendag op pad winkel toe in die kar, toe die dame in die "convertible" voor ons ewe skielik opstaan en vir almal waai. Sy het nie 'n draad klere aan gehad nie. Terwyl ek nog besig was om oor die skok te probeer kom hoor ek my 5-jarige van agter af sê: "Mamma, daai tannie het nie haar "safety belt" aangehad nie!!"
Eerlikheid:
My seuntjie het vanoggend heel onsteld uit die badkamer gehardloop gekom en my vertel dat sy tandeborsel in die toilet beland het. Ek het die tandeborsel versigtig uitgehaal en in die asblik gaan gooi. Hy het my aangekyk, badkamer toe gehardloop en my tandeborsel gaan haal: "Dan moet ons seker die een ook weggooi, hy het laasweek in die toilet geval."
Opinies:
Met haar eerste skooldag het die dogtertjie by die skool opgedaag en vir haar juffrou 'n briefie van haar ouers af gegee. Die briefie het gelees:
"Die kind se opinies is nie noodwendig die van haar ouers nie."
Tamatiesous:
(Die een se einde moet in engels gesê word)
'n Dogtertjie se ma was hard besig om die laaste bietjie tamatiesous uit die bottel te probeer kry, toe haar selfoon lui. Sy vra toe haar vierjarige om dit te antwoord. "Dis die dominee mamma". "Mommy can't come to the phone to talk to you right now, she's hitting the bottle."
Meer naaktheid:
'n 6-jarige seuntjie het in 'n groot 'gim' verlore geraak. Hy beland toe in die dameskleedkamers. Toe die dames hom sien toe hoor jy net gille en almal gryp na 'n handdoek. Hy kyk hulle verbaas aan en sê: "Wat is fout? Het julle dan nog nooit 'n klein seuntjie gesien nie?"
Polisie:
Tydens 'n roetine besoek by 'n laerskool het 'n polisieman vertel hoe hy onderbreek is deur 'n 6 jarige dogtertjie. Sy het hom op en af bekyk en naderhand gesê: "Is jy 'n polisieman?" "Dis reg". "My mamma het gesê as ek ooit hulp nodig het moet ek julle vra om my te help......" "Wel, my skoen is los, kan jy hom vasmaak?"
Polisie 2:
Nog 'n Polisieman vertel hoe hy na 'n lang dag sy kar buite die polisiestasie parkeer het. Toe hy wou uitklim hoor hy sy polisiehond blaf, dit was 'n seuntjie wat na ons staan en staar het. "Is dit 'n hond wat jy daar het" het die seuntjie gevra. "Dis reg ja". "Wat het hy gedoen?"
Ou mense:
Ek het vir 'n organisasie gewerk wat maaltye aan ouetehuise voorsien het. My 5 jarige dogtertjie het altyd saamgegaan wanneer ek aflewerings gaan doen het, en was altyd baie geïnteresseerd in "ou mens dinge" , soos rolstoele ens. Een dag toe kry ek haar waar sy na 'n paar vals tande in 'n bakkie water staar. Ek het myself reggemaak vir duisende vrae. Sy het na my gekyk en gefluister: "Die tandemuis sal dit nooit glo nie!"
Skool:
Na haar eerste week op skool, kom 'n graad eentjie eendag by die huis. "Ek mors net my tyd" het sy vir haar ma gesê. "Ek kan nie lees nie, ek kan nie skryf nie, en hulle wil my nie toelaat om te praat nie!"