Aan anoniem wil ek graag baie dankie se dat sy wel die moed gehad het om 'n E-poskettingbrief te begin. Van ons ander wat onself "Christene" noem, moet ek vra hoeveel keer God verloen moet word voor ons Hom ook kruisig? Of sit ons stil en hoop die ding loop dood sodat ook ons ons hande in onskuld kan was.
WAAR IS ONS KERKLEIERS - JA - ALMAL VAN HULLE?
Hoekom sit hulle doodstil!? Dominie of/en pastoor se monde is tjoepstil!?
Daar het darem te minste 50 mense betoog. Hoekom moet ek met die gemors gaan staan en worstel? Christene, word WAKKER! Julle slaap op julle pos! Die satan gaan oorneem en julle gaan se dat julle dit nie sien kom het nie! As Mohammed so beskerm word deur sy aanbidders, waarom nie ons God nie?
Ons het ook die TV en radio nodig om ons as Christene landwyd, ja, wereld wyd (as dit nodig is) om aan te kondig dat ons God lewe en dat Hy magtig is. Ook dat ons ons kinders sal beskerm teen bose magte. Ja, ons is besorg en ons wil he dat ons kinders hul eie identiteit en waarhede moet aanleer, maar in God - nie die godelose en bose nie. Hoekom sal iemand na die Fokofpolisiekar luister - verban die bose van die TV, verbrand elke CD!
Ons is op soek na 'n persoon wat ons landwyd bymekaar kan bring sodat ons ook in massas kan betoog!
Faks ontvang van:
Martie Hoffman - PTA - 083 744 8957
Antionette Joubert - Thabazimbi - 072 737 9164