Hierdie volk (veral die Afrikaner) is in groot gevaar. Net soos in die dae van Ester toe `n aankondiging gemaak is om al die Jode uit te moor is ons in dieselfde gevaar vandag.
Die moord, roof,verkragtings, martelings en ander geweld vind op so `n subtiele manier plaas dat geen wapen dit kan stop nie – anders as dan deur die krag van God.
Ek doen `n beroep op elkeen vir wie hierdie `n saak van belang is om op Sondag die 01ste Oktober 2006 vanaf 06h00 tot 18h00 te vas en te bid vir God (YHWH) se genade en beskerming in Christus (Yeshuah) en vir die bekering van ons as volk.
Die mense wat die krag van God minag en Sy genade dan verwerp , moet hierna maar self hul eie heil met vrees en bewing bewerk. Die Here bly `n skild en panser vir elkeen wat by Hom skuil en op Hom vertrou as die onwankelbare Rots.
Moenie dwaas handel en dink dat hierdie dinge sal my nie oorkom nie – ek het God nie nodig nie.Laat ons nou as `n volk tot bekering kom en Hom dien in gees en waarheid.
Christus is ons enigste hoop op verlossing uit die hand van die verderwer en ewige saligheid. Laat ons nou met God versoen!
Groete
John